Inflasie moet laag bly voor SA rentekoers sak

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, beklemtoon die behoefte aan ‘n volgehoue lae inflasiekoers om ‘n verandering in monitêre beleid te regverdig. Die inflasiekoers van vier-komma-ses-persent in Julie, die laagste in drie jaar, het bespiegeling oor ‘n verlaging in rentekoerse laat opvlam. Maar Kganyago waarsku hoewel laer inflasie positief is, wil die Reserwebank volgehoue lae inflasie hê voor hy rentekoerse sal verlaag. Die bank se sleutel rentekoers is sedert Mei 2023 onveranderd op agt-komma-25-persent.