EFF beskuldig Steenhuisen van wit bevoorregting
Die EFF beskuldig die landbouminister, John Steenhuisen, van wit bevoorregting en sê hy stel ongekwalifiseerde mense in belangrike posisies in sy ministerie aan. Die party se woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê die minister wil ʼn woordvoerder en twee ander in belangrike poste aanstel terwyl hulle hoogste kwalifikasie matriek is. Sy sê Steenhuisen se versoek om van die minimum vereistes af te wyk is magsmisbruik: