Geen tekort aan ruvoer vir invoere nie, maar die regulasies…

Sommige veeboere bevind hulle midde ’n ernstige droogtekrisis wat die dringende invoer van ruvoer uit Suid-Afrika noodsaak, maar streng regulasies kniehalter dié proses. Die invoerproses is onderhewig aan streng regulasies wat die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid vir lande met erkende siektevrye sones ingestel het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jaco Labuschagne, die besturende direkteur van Voermeester, wat sê dat daar meer as genoeg ruvoer in Suid Afrika is maar die streng invoer-regulasies geld nog steeds.