Gerhard Mans-saak kom na amper ‘n jaar weer môre voor
Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die saak van strafbare manslag in verband met die dood van die bekende Gerhard Mans uiteindelik môre weer sal voorkom. Jafet Paulus het laas op 25 Oktober verlede jaar in die hof in Katutura verskyn. Hy het Mans op 4 Mei 2022 van agter getref op die Westelike Verbypad. Mans is op slag dood. Paulus was blykbaar op sy selfoon terwyl hy bestuur het. Hy het skerp links uitgeswaai en Mans getref. Hy is op die toneel dood. Paulus is vry op borg van 3 000 Namibiese dollar. Die verhoor het steeds nie begin nie. Mans was bekend as Namibiese rugbyspeler en het meer as 100 drieë gedruk in sy loopbaan in die senior en nasionale spanne.