Zelensky boos oor Mongolië nie vir Putin arresteer nie

Oekraïne sê Mongolië se versuim om die Russiese president, Vladimir Putin, ingevolge ‘n lasbrief van die Internasionale Strafhof in hegtenis te neem, is ‘n slag vir die internasionale strafregstelsel. Putin het gister in Ulaanbaatar, die hoofstad van Mongolië aangekom. Hy word deur die hof in Dan Haag gesoek vir die beweerde onwettige deportasie van Oekraïnse kinders sedert die inval in 2022. Mongolië is ‘n lid van die Wêreldhof en is verplig om Putin te arresteer. Die Oekraïnse ministerie van Buitelandse Sake sê Mongolië het ‘n beskuldigde laat wegkom en is dus deels verantwoordelik vir die oorlogsmisdade.