Bibi skop vas – sê hy sal gyselaars vry skiet

Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu sê hy stem nie saam met die Amerikaanse president Joe Biden se standpunt dat hy nie genoeg doen om ‘n skietstakingsooreenkoms te bereik nie. Tienduisende Israeliese burgers het teen die regering se hantering van die oorlog in Gaza en Hamas se versuim om gyselaars vry te laat betoog. Die protesoptrede volg na die ontdekking van die liggame van ses gyselaars in Gaza. Netanyahu sê hy sal gyselaars deur militêre druk bevry eerder as om ‘n ooreenkoms met Hamas aan te gaan: