Nida soek beleggers vir Kavango-beesplaas
Die Namibiese Nywerheidsontwikkelingsagentskap, Nida, soek beleggers vir voerkraalontwikkeling en voerverbouing by sy Kavango Cattle Ranch-fasiliteit in die Kavango-Wes-streek. Nida se nuwe uitvoerende hoof Richwell Lukonga, sê dat die belegging ook moontlike biomassaproduksie kan insluit. Die fasiliteit was onlangs in die nuus met veediewe wat onder die diere gewoeker het. Oor die algemeen sukkel Nida met volhoubaarheid en doeltreffende produksie en het ook onlangs reuse-krag uitdagings ervaar by die Naute-skema waar dadels geproduseer word.