Biden sê Netanyahu doen nie genoeg vir Gaza-ooreenkoms nie
Amerikaanse president Joe Biden sê Israeli premier Benjamin Netanyahu doen nie genoeg om ‘n gyselaarsooreenkoms en skietstilstand met Hamas te bewerkstellig nie. Dit kom te midde van berigte wat daarop dui dat ‘n nuwe voorstel as “finaal” aan Netanyahu gestuur sal word. Biden en visepresident Kamala Harris het onderhandelaars in die Withuis ontmoet, terwyl betogings Israel verswelg het na die dood van ses gyselaars in Gaza. Adi Alexander, die Amerikaanse pa van die gyselaar Edan Alexander, ‘n lid van die Israeliese weermag, het met CBS News gepraat.