‘Tyd nie ryp’ vir heffings op elektriese voertuie
Die Padfondsadministrasie sê hy ondersoek ‘n heffingsmodel vir elektriese voertuie, ter voorbereiding van ‘n potensiële toename in hul getalle. Dit sal verseker dat die voertuie bydra tot die instandhouding van Namibië se padinfrastruktuur. Die administrasie se uitvoerende hoof van programbestuur, beleid en advies, Elton !Gaoseb, sê die administrasie fokus tradisioneel op brandstofheffings en voertuigregistrasiefooie om inkomste te genereer, maar die bekendstelling van elektriese voertuie bied ‘n unieke uitdaging. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Conrad Roedern, die stigter van Electric Vehicles Namibia, wat sy daar moet eers meer elektriese voertuie op die paaie wees.