Groot stuk van Titanic se handreling breek af

ʼn Groot gedeelte van die ikoniese handreling op die boeg van die Titanic het een of ander tyd die afgelope twee jaar afgebreek en lê nou op die seebodem. Jack en Rose het die boeg van die skip verewig in die beroemde fliektoneel, maar ʼn reeks onderwater-besoeke deur robotte toon nou hoe die wrak na meer as 100 jaar onder water verander het. Die skip het in April 1912 gesink na ‘n botsing met ʼn ysberg, en sy finale rusplek is drie-duisend-800-meter onder seevlak. Een-duisend-500 passasiers en bemanningslede is in die tragedie dood.