Bevryde Namibië moet vir almal wees: Equal Rights Namibia
Die Stop Homosexuality and Same-Sex Marriages-beweging het ‘n openbare vergadering in Windhoek gehou teen die bevordering en wettiging van homoseksualiteit in Namibië. Die organiseerders voer aan dit is strydig met die oortuigings van meeste Namibiërs, kulturele waardes en die Christelike godsdiens. Die beweging beplan ook ‘n massabetoging op 9 September in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Namibia.