Pavel Durov is ‘te vry’ vir Weste

Pavel Durov, die Telegram-baas wat in Frankryk gearresteer is,  is te vry in sy benadering tot die bestuur van die sosiale media-platform, en dit was sy ondergang. Dit is volgens die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov. ’n Franse regter het die Russies-gebore Durov verlede week onder formele ondersoek geplaas vir vermoedelike medepligtigheid in die bestuur van ’n aanlyn platform wat onwettige transaksies, beelde van kinderseksmisbruik, dwelmhandel en bedrog toelaat. Lavrov het die Kremlin se standpunt weerspieël dat die ondersoek na Durov deel is van ‘n groter politieke foefie deur die Weste om mag oor Rusland uit te oefen.