Klimaatsverandering voordelig vir Namibië se uraansektor

Volgens die Bank van Namibië is die Namibiese uraansektor gereed vir ‘n ommekeer, met ‘n geprojekteerde groei van 5,2 persent vanjaar, ná 14,8 persent groei in 2023. Namibië is die vierde grootste uraanprodusent ter wêreld. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse energie-ontleder Chris Yelland gesels, wat sê die prys van uraan styg en dit is voordelig vir Namibië.