NamRA dra by tot skuldlas van werkers – Tucna
Terwyl tradisionele kredietverlening in die private sektor beswaarlik toeneem, het die boekwaarde van mikrolenings in die eerste kwartaal groei van 7,9 persent op ‘n jaarlikse basis aangeteken. Die waarde daarvan het toegeneem tot 7,2 miljard Namibiese dollar. Die aantal betaaldag-lenings het ook met 5,7 persent gegroei, volgens ‘n verslag deur die Namibiese Finansiële Oorsig-owerheid, Namfisa. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tucna se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, wat sê regeringsinstellings wat werkers moet bystaan, dompel hulle egter net dieper in ekonomiese moeilikheid.