Tienerswangerskappe onder die loep in buurland
Die minister in die Presidensie vir Vroue, die Jeug en Mense met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, is bekommerd oor toenemende tienerswangerskappe, geslagsgeweld en vrouemoord. Sy het gepraat tydens die wetgewer in Mpumalanga se Vroueparlement in Mbombela en ‘n beroep op die regstelsel en die gemeenskap gedoen om op te tree oor die kwessies. Die minister beloof haar departement is toegespits op voorkomende maatreëls teen maatskaplike euwels.