Gesteelde bees na regeringsplaas vervoer, poging gefnuik

Die Namibiese polisie het ‘n hoogs gekoördineerde poging tot veediefstal aangemeld. Die mag sê dat 14 bees Vrydagnag by plaas Omantumba in die Hochfeld-distrik by Okahandja gelaai is. Die verdagtes is tot by die regering hervestigingsplaas Boomlager naby Omitara in Omaheke agtervolg. Daar is ‘n 45-jarige man in hegtenis geneem met twee ander wat gevlug het. Die twee is bekend. Al die diere, ter waarde van 426 000 Namibiese dollar is teruggevind terwyl daar beslag gelê is op die vragmotor en sedan wat gebruik is. Die verdagte sal vandag in die hof op Otjiwarongo verskyn.