Swapo se geldsake op die voorgrond in die hof
Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het in hofstukke verklaar dat die party nie kan bekostig om ‘n buitengewone kongres te hou nie. Haar verklaring is ingehandig in die saak waarin vyf Swapo-lede die party dagvaar omdat daar nie ‘n kongres na Hage Geingob se dood gehou is om onder andere ‘n nuwe partyleier te kies nie. Die lede sê dit is strydig met die party se grondwet. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat, wat sê ‘n gebrek aan fondse is ‘n rede tot kommer.
Kamwanyah voeg by daar is verdeeldheid in Swapo weens opvolgpolitiek en bemiddeling behoort plaas te vind.