Kommer oor myntoestemming sonder vergoeding op privaat plaas

AfriForum het kommer uitgespreek oor ‘n onlangse uitspraak deur die Hooggeregshof in Mpumalanga wat mynbedrywighede sonder vergoeding toelaat op ‘n boer van Delmas se grond. AfriForum en die familieboerenetwerk, Saai, waarsku die besluit kan ernstige gevolge inhou vir landbou in Suid-Afrika. Ten spyte van die gebrek aan ‘n vergoedingsooreenkoms het die hof die myn toegelaat om voort te gaan, wat moontlik voedselsekerheid bedreig en ‘n kommerwekkende presedent skep. Marais de Vaal van AfriForum sê die organisasie win regsadvies in oor die uitspraak se breër uitwerking.