Duisende betoog in Tel Aviv na ses dooie gyselaars gevind is

Betogings het reg oor Israel uitgebreek nadat die land se weermag ses gyselaars wat volgens hulle deur Hamas vermoor is, se liggame uit Gaza teruggebring het. ʼn Geraamde 500 000 mense het in Tel Aviv saamgedrom en 29 is gearresteer vir vandalisme, wanordelike gedrag en aanvalle op polisielede. Die betogers blameer Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu vir sy hantering van die krisis en sê hy doen nie genoeg om ʼn gyselaar-skietstilstand-ooreenkoms te bereik nie. ʼn Amerikaans-ondersteunde gyselaars-vir-vrede-ooreenkoms word sedert Mei onderhandel.