Man in hegtenis oor diefstal van stoetbeeste van N$426 000
’n 45-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van veediefstal nadat hy met 14 gesteelde Bonsmara-stoetbeeste van die Plaas Omantumba in die Okahandja-distrik se Hochfeld-omgewing betrap is. Die beeste word op 426 000 Namibiese dollar gewaardeer. Sy vier medepligtiges het onstnap maar twee van hulle is bekend aan die polisie. Senior inspekteur Maureen Mbeha sê die verdagtes is gesien terwyl hulle die gesteelde beeste gelaai het, waarna die Hochfeld-polisie en Nyime-teenstropingseenheid toegslaan het. Die beeste is aan die eienaar terugbesorg en daar is beslag gelê op ‘n vragmotor en sedan-motor.