Dokter kry borgtog na Matthew Perry se dwelmdood
Een van die dokters wat aangekla word na die dood in Oktober verlede jaar van die akteur Matthew Perry het in ‘n hof in Amerika verskyn. Mark Chavez het borgtog gekry in die verhoor in Los Angeles waartydens hy ingestem het om op te hou praktiseer. Chavez, wat een van die vyf mense is wat aangekla word na Perry se dood, het ‘n pleitooreenkoms aangegaan met aanklaers, maar het dit nie formeel tydens die verhoor ingedien nie. ‘n Nadoodse ondersoek het ‘n hoë konsentrasie van die middel ketamien in Perry se bloed onthul en beslis die akute uitwerking van die beheerde middel het sy dood veroorsaak.