Junior vrouespan skitter by Inlyn-skaats Hokkie Wêreldkampioenskap
Namibië se junior vrouespan is deur na die halfeindronde van die Inlyn-skaats Hokkie Wêreldkampioenskap in Roccaraso, Italië nadat hulle Chinese Taipei, oftewel Taiwan, met 5-4 in die kwarteindronde verslaan het. Hulle sal om 9-uur vanaand teen Spanje in die halfeindstryd te staan kom. Die span het in die groepfase Chile met 15-0 verslaan, China 8-1 geklop en Italië 9-2 oorrompel. Hulle het net in een wedstryd vasgeval en 3-6 teen Amerika verloor. Die finaal is geskeduleer vir 5-uur môre-middag.