Israel kry liggame van 6 gyselaars in tonnel

Israel sê sy magte het die liggame van ses gyselaars wat deur Hamas in die Gaza-strook aangehou is, teruggevind. Die Israeliese Weermag sê die liggame is in ‘n ondergrondse tonnel in die Rafah-gebied opgespoor. Woordvoerder, admiraal Daniel Hagari sê ‘n aanvanklike beoordeling is dat die gyselaars deur Hamas vermoor is kort voordat hulle bereik is. ‘n Groep wat die families van gyselaars verteenwoordig eis dat eerste minister Benjamin Netanyahu die nasie toespreek en verantwoordelikheid aanvaar dat hy gyselaars in die steek gelaat het.