Solidariteit bekommerd oor duisende minder onderwysposte
Solidariteit is bekommerd oor die beplande verlies aan meer as 2 400 onderwysposte in die Wes-Kaap, en blameer die swak bestuur van die Basiese Onderwys-departement daarvoor. Die organisasie se Johnell Prinsloo waarsku die besluit sal die onderwysstelsel se huidige krisis vererger, wat reeds swaar gebuk gaan onder onderwysertekorte en leerders wat sukkel. Sy beklemtoon die behoefte aan die beskerming van die onderwyssektor.