VN-agentskappe begin polio-entmiddels in Gaza toedien
VN-agentskappe en gesondheidsamptenare in Gaza stuur ‘n ambisieuse veldtog van stapel om 640 000 kinders teen polio in te ent. Dit kom te midde van ‘n reeks gelokaliseerde opskortings in gevegte tussen Israeli magte en Hamas-vegters, met die eerste geleentheid wat vir vandag beplan word. Die Wêreldgesondheids-organisasie sê om doeltreffend te wees moet minstens 90-persent van kinders onder tien in ‘n kort tydperk ingeënt word. Die eerste bevestigde poliogeval in 25 jaar is onlangs in Gaza ontdek. ‘n VN-kenner sê meer kinders is na verwagting besmet.