Haaie vermorsel Griffons 75-19 in Curriebeker

Rugby: Die Haaie het seker gemaak van ‘n plek in die halfeindstryd van die Curriebeker deur die Griffons met 75-19 te vermorsel.  Die Haaie het elf drieë gedruk, met die Springbok vleuel Makazole Mapimpi wat vir vier daarvan verantwoordelik was. In die naweek se ander wedstryde het die Leeus die Bulls met 57-33 geklop, terwyl die Cheetahs met 44-31 die knie moes buig voor die Griekwas. Die Westelike Provinsie en die Pumas speel drie-uur vanmiddag teen mekaar. Na nege wedstryde elk is die Leeus boaan die punteleer met 38 punte, gevolg deur die Bulle, die Haaie en die Cheetahs.