Geweldsmisdaad steeds groot bron van kommer: VF Plus
Die Vryheidsfront Plus sê die regering se inisiatiewe teen geweld is ondoeltreffend omdat misdaad teen vroue en kinders toeneem. Ondanks ‘n effense algemene verlaging in misdaad het die eerste kwartaal van 2024/2025 ‘n aansienlike toename beleef in vrouemoord, poging tot vrouemoord en kindermoorde. Die VF Plus vra ook plaasmoorde moet tot ‘n prioriteitsmisdaad verklaar word en waarsku teen oorgerustheid. Heloïse Denner van die party moedig die herbeoordeling aan van strategië teen dié dwingende kwessies.