Lando Norris spring voor weg in Italiaanse Grand Prix
Motorsport: Lando Norris is in die voorste wegspringposisie vir vanmiddag se Italiaanse Grand Prix op Monza. Die McLaren-jaer het nou ‘n baie goeie kans om Max Verstappen se voorsprong in die Formule Eenkampioenskap verder te verklein. Norris is 70 punte agter Verstappen op die renjaerspunteleer en het sy spanmaat Oscar Piastri is langs hom in die voorste ry. McLaren is nou net 30 punte agter Red Bull in die vervaardigerskampioenskap. George Russell is in die tweede ry vir Mercedes, saam met Charles Leclerc van Ferrari, met Carlos Sainz en Lewis Hamilton vyfde en sesde, en Verstappen sewende.