FlySafair beplan nuwe Kaapstad-Windhoek vlugte

FlySafair, die Suid-Afrikaanse lae-koste lugredery, beplan om vanaf 22 Oktober twee bykomende vlugte per week tussen Kaapstad en Windhoek in te stel. Die nuwe diens sal die frekwensie van vlugte tussen dié twee stede verhoog. Dit kom na die lugredery verlede jaar regte deur die Internasionale Lugdiensraad toegeken is om roetes tussen Johannesburg, Windhoek, Harare en Zanzibar te bedryf. FlySafair het die dominante speler in Suid-Afrika se plaaslike mark geword, met ‘n markaandeel van 60 persent. Voor die Covid-pandemie het die lugredery ‘n ongeveer 25 persent aandeel gehad.