Kletsrymer Fatman Scoop sterf na hy op verhoog inmekaar sak
Die Amerikaanse kletsrymer Fatman Scoop is op 53-jarige ouderdom oorlede nadat hy Vrydag by sy konsert in Connecticut ineengestort het. Hy was halfpad deur sy optrede in die stad Hamden toe hy inmekaar gesak het. Die kletsrymer is per ambulans hospitaal toe geneem. Sy agent het later sy dood bevestig in ‘n verklaring aan die BBC, en gesê sy nalatenskap sal voortleef deur sy tydlose musiek. Scoop, wie se regte naam Isaac Freeman die Derde is, word erkenning gegee vir sy groot invloed op New York se hip-hoptoneel in die 1990’s.