Namibië se Lahja Ishitile wen Paralimpiese goud in rekordtyd
Namibië se Lahja Ishitile het die goue medalje in die 400-meter T11-eindstryd vir vroue gewen by die Paralimpiese Spele in Parys. Haar tyd van 56,20 sekondes is ook ‘n nuwe Paralimpiese rekord. Sy het met haar gids, Sem Shimanda gehardloop. Namibië se uitblinker T13 100-meter en 400-meter atleet, Johannes Nambala, neem vanoggend deel in die eerste ronde van die 100-meter naelloop. Dit vind vanaf 20 voor 12 plaas. Die eindstryd is geskeduleer vir 13 minute voor 8 vanaand.