Arresteer Putin, vra Oekraïne vir Mongolië

Oekraïne moedig Mongolië aan om die Russiese president Vladimir Putin te arresteer wanneer hy die land volgende week besoek. Dit is sy eerste reis na ‘n lidland van die Internasionale Strafhof sedert die liggaam ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het. Die hof beweer Putin is verantwoordelik vir oorlogsmisdade en sê hy het nie die onwettige deportasie van kinders uit Oekraïne na Rusland stopgesit nie. Moskou het vroeër die aantygings ontken en die lasbrief as verregaande beskryf. Putin het verlede jaar ‘n besoek aan ‘n spitsberaad in Suid-Afrika gekanselleer na die hof die lasbrief uitgereik het.