LPM maak nie saam oor Noa nie
Die Landless People’s Movement het ‘n ommekeer gemaak op die hofaansoek teen die aanstelling van Paulus Noa as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie. Die party het vroeër gesê dat hy by ses opposisiepartye sal aansluit om ‘n hofaansoek te bring om die proses wat deur die Nasionale Vergadering gevolg is met die aanstelling, as onwettig te verklaar. Die leier van die LPM Bernadus Swartbooi sê die opposisie sou beter gevaar het om die sessie te verlaat en nie later te kla oor die uitkoms nie. Hy voeg by dat daar nie ‘n baie groot kans op ‘n oorwinning is nie.