Hoe kwesbaar is Namibiërs vir kultus-foefies

’n Ugandese man, Ddamulira Godfrey, staar lewenslange tronkstraf in die gesig nadat hy na bewering in besit gevind is van 24 menslike skedels in sy heiligdom in Kampala. Die polisie vermoed dit is vir menslike offerandes gebruik. In ‘n soortgelyke voorval verlede maand is 17 menslike skedels in ‘n heiligdom in Mpigi, sentraal Uganda, ontdek. Albei gevalle word gekoppel aan rituele menslike offerandes, omdat baie mense glo dat gelukbringers gemaak van menslike liggaamsdele ook vyande kan benadeel. Kosmos 94.1 Nuus het aan pastoor Cas Bekker van die Agape Ministries in Windhoek gevra of Namibiërs ook kwesbaar is vir sulke kultus-foefies.