Nangopo-put se olie- of gas reservoirs dieper as verwag: ReconAfrica

ReconAfrika sê in ‘n opdatering van sy plaaslike bedrywighede dat die boor van die Naingopo-put in PEL 73 in noordoos-Namibië tot ‘n diepte van 2 400 meter gevorder het. Die werk verloop volgens skedule en begroting, met ‘n oppervlakomhulsel wat tot 350 meter aangebring is en ‘n eerste omhulselstring tot 1 200 meter. Seismiese opnames is ook afgehandel en moontlike olie- of aardgas reservoirs lê dieper as wat voorspel is. Alle primêre reservoirteikens is onder die huidige boordiepte. Daar sal tot ‘n diepte van ongeveer 3 800 meter geboor word.