Anti-gay beweging reël openbare vergadering

Die Stop Homosexuality and Same-Sex Marriages-beweging reël ‘n openbare vergadering Saterdag by Samora-sokkerveld in Windhoek. Die vergadering sal teenkanting teen die bevordering en wettiging van homoseksualiteit in Namibië aanspreek en dit aanvoer as strydig met die oortuigings van die meerderheid Namibiërs, kulturele waardes en Christelike godsdiens. Dit sal ook ‘n massabetoging beplan wat vir 9 September in Windhoek geskeduleer is. Kosmos 94.1 News het met die voorsitter van die beplanningskomitee, Pendapala Nakathingo, gepraat.