Bankslenters neem toe in SA

‘n Organisasie sonder winsbejag, die Suider-Afrikaanse Bedrogvoorkomingsdiens, sê met die einde van die jaar in sig, is daar ‘n toename in bankslenters in die land. Van die agt-duisend-521 formele sake wat die Ombudsman vir Bankdienste in 2023 ondersoek het, is drie-duisend-380 as bedrog geklassifiseer. Die organisasie se bedryfshoof, Roy Retief, sê ‘n nuwe modus operandi is een waar swendelaars moontlike slagoffers skakel en hulle vra om hulle geld na veiliger of groter rente-opbrengsrekenings oor te plaas: