Jackie Chan dra ook fakkel by Paralimpiese Spele
Paralimpiese Spele: Die gewilde Hollywood-akteur Jackie Chan sal môre een van die laaste fakkeldraers wees voor die openingseremonie in Parys. Die 70-jarige gevegskunsspesialis sal hom aansluit by ander groot name soos die Franse akteur Elsa Zylberstein en die plaaslike danser en choreograaf Benjamin Millepied. Die plegtigheid sal ook buite die hoofstadion, Stade de France, gehou word, en sluit ‘n parade in op die wêreld-beroemde Champs-Elysees na die Place de la Concorde in die kern van die Franse hoofstad.