Windies klop Proteas met sewe paaltjies in eerste T20

Die Wes Indiese Eilande se kolwers het gisternag oorheers in die eerste van drie T20-wedstryde teen Suid-Afrika in die Brian Lara-stadion in Tarouba, Trinidad. Die Proteas het 174 vir sewe behaal, maar die gashere het met 176 vir drie geantwoord. Nicholas Pooran het ‘n onoorwonne 65 van slegs 26 balle geslaan. Die Windies se oorwinning het gekom toe daar nog 13 balle oor was. Die tweede kragmeting word môre gespeel. Dit volg na die toetsreeks wat Suid-Afrika met1-0 gewen het nadat reën die eerste toets onbeslis laat eindig het.