Droogte, kragkostes bedreig SA-suikerbedryf

Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging sê die suikerbdryf staan voor aansienlike uitdagings weens die ongewone droë weer en stygende elektrisiteitskoste. Hoewel die huidige suikerriet-opbrengs voldoende is vir die plaaslike vraag, kan die droogte die seisoen ‘n maand korter maak, wat kwekers sal raak, veral dié wat staatmaak op bespoeiing. Eskom se voorgestelde 40-persent verhoging in elektrisiteitspryse bedreig ook die bedryf se finansiële bestendigheid. Die vereniging vra regeringsoptrede om plaaslike kwekers te steun en moedig verbruikers aan om Suid-Afrikaanse suiker te koop om te help om die bedryf en sy werksgeleenthede te steun.