Eerste polio geval verlam Gaza-baba
Die Wêreldgesondheidsorganisasie doen ‘n beroep op die dringende inenting van alle babas in Gaza na ‘n tien-maande-oue baba verlam is deur die tipe 2-polio virus. Volgens die WGO is dit die eerste geval in die gebied in 25 jaar. Die Verenigde Nasies se agentskappe het hulle stemme by die oproep gevoeg, en vra Israel en Hamas om in te stem tot ‘n skietstaking van sewe dae in die oorlog om inentingsveldtogte in die gebied toe te laat.