Bank van Namibië vat Trustco Bank aan oor deposante se geld

Trustco Group Holdings sê dat hy die kommersiële banksektor verlaat, en sê in ‘n verklaring alle deposito’s in Trustco Bank Namibia is gewaarborg en word deur die Bank van Namibië gehou. Die Bank van Namibië sê egter die verklaring is misleidend en van alle waarheid ontbloot. Die sentrale bank sê hy het op 18 Augustus 2023 Trustco Bank se magtiging om as ‘n bank handel te dryf opgeskort. Die skorsing was tydelik en onderhewig daaraan dat Trustco Bank sekere gestipuleerde gevalle van nie-nakoming regstel, wat hy nie gedoen het nie. Die sentrale bank sê dat Trustco Bank deposante se fondse hou, en dat dit Trustco Bank se verantwoordelikheid bly om alle fondse terug te betaal. Naufiku Hamunime, strategiese kommunikasie-kundige by die Bank van Namibië, het meer.