Minister stel visier op konstruksiemafia
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het beloof hy gaan beslissend optree teen die konstruksiemafia wie se gewelddadige bedrywighede projekte ontwrig en lewens in gevaar stel. Na ‘n vergadering met die LUR vir Openbare Werke en Infrastruktuur in KwaZulu-Natal, Martin Meyer, het Macpherson planne aangekondig vir ‘n nasionale spitsberaad met provinsiale leiers en wetstoepassing om ‘n strategie te ontwikkel om veiligheid by boupersele te herstel. Hy sê wet en orde is noodsaaklik vir beleggings en om ekonomiese groei te stimuleer.