Parysenaars gretiger vir Paralimpiese Spele as Somerspele
Paralimpiese Spele: Die inwoners van Parys koop flink kaartjies vir die byeenkoms, wat Woensdag in die Franse hoofstad begin, nadat hulle neusopgetrek het vir die Somer-spele. Reuters berig tientalle Parysenaars het die stad voor die Olimpiese Spele verlaat weens vrese oor ontwrigting en verkeersprobleme. Die Paralimpiese atlete sal hulle toelaat om Olimpiese sportsoorte op dieselfde plekke te beleef. Die organiseerders sê 92-persent van die 1,75-miljoen kaartjies wat reeds vir die Paralimpiese Spele verkoop is, is deur Franse opgeraap – die meeste van hulle uit Parys en omstreke.