Regering het net programme, geen planne: BIG

In die 14de Kabinetbesluite is die maatskaplike welsyn-ministerie aangesê om met die finansministerie te konsulteer om voorsiening te maak vir voedselverligting vir stedelike begunstigdes. Dit sal geskied onder die Voorwaardelike Basiese Inkomstetoelae-program. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Renaani Musutua van die Basic Income Grant-koalisie, wat sê die regering het nie planne nie, net programme.