Namfisa mik na regulasie van skuldinvorderaars
Die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, gaan skuldinvorderaars reguleer deur sy komende Verbruikerskrediet-wetsontwerp. Skuldinvorderaars val tans nie onder Namfisa se mandaat nie. Kenneth Matomola, Namfisa se uitvoerende hoof, sê die wetsontwerp het ten doel om toesig en regulering in die verbruikerskredietsektor te verbeter. Hy sê hulle is besig om al die kommentaar wat van die publiek ontvang is te hersien. Daar word beoog om die konsepwetsontwerp aan die finansminister te oorhandig teen die einde van die finansiële jaar.