Hannah Lynch se liggaam uit wrak gehaal

Hulde word gebring aan die 18-jarige Hannah Lynch, nadat duikers die laaste liggaam uit die wrak van ‘n luukse seiljag wat by Sicilië gesink het, gehaal het. Hannah was die laaste persoon wat nog vermis was nadat die Bayesian tydens ‘n fratsstorm gesink en sewe lewens geëis het. Die liggaam van haar pa, die tegnologie-entrepreneur Mike Lynch, is vroeër vandeesweek uit die wrak gehaal. Altesaam 15 mense het oorleef, insluitend ‘n eenjarige baba en Hannah se ma, Angela Bacares.