85% van Namibiërs het nie mediese fonds nie

Die jongste Afrobarometer-opname vir Namibië is bekend. Die instansie het gekyk na mediese dekking en 85 persent van landsburgers het geen mediese fonds nie met 74 persent wat sê die rede daarvoor is die onbekostigbaarheid daarvan. Van die 15 persent wat wel mediese dekking het is 28 persent op die staat se mediese fonds Psemas met 46 persent wat privaat mediese dekking geniet. ‘n Totaal van 64 persent sê dit is die regering se plig om te verseker dat alles landsburgers toegang tot voldoende mediese dekking het.