Burgerlike organisasies neem groen waterstof onder die loep

‘n Werkswinkel word op 28 Augustus deur ‘n verskeidenheid burgerlike organisasies gehou om groen waterstof vanuit hul perspektief te bespreek. Die organisasies voel dat hul stemme en verwagtinge nie gehoor en oorweeg word nie. Die doel is dat die burgerlike samelewing en gemeenskapslede van groen waterstof leer en hul eie menings oor die bedryf vorm. Kosmos 94.1 Nuus het met Hans Christian Mahnke van die Regshulpsentrum gesels wat uiteensit waaroor die geleentheid sal handel.