Antonia reageer op Jandré se vonnis
Antonia Joschko, die enigste ander oorlewende van die gru-ongeluk in 2014 naby Hentiesbaai, het gereageer op die vonnis wat Jandré Dippenaar ontvang het. Landdros Gaynor Poulton het hom 15 jaar tronk toe gestuur. Sy het ook vir Dippenaar tot twee jaar, of ‘n boete van 8 000 Namibiese dollar gevonnis vir roekelose bestuur en 2 000 dollar of drie jaar tronkstraf vir bestuur sonder ‘n geldige rybewys. Joschko het die media buite die hof toegespreek.
Joschko het ‘n siviele saak waar sy skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar van Dippenaar vir die sterfte van haar drie familielede eis.